Kunsgeskiedenis

Venus de Milo by die Louvre.

Kunsgeskiedenis is die studie van kunsvoorwerpe aan die hand van hulle historiese ontwikkeling en stilistiese kontekste, i.e. genre, ontwerp, formaat, en styl.[1]

Die kunshistorikus gebruik historiese metodes om vrae te beantwoord soos: Om watter rede het die kunstenaar die werk geskep? Wie was die gehoor?, of Watter historiese kragte het die kunstenaar se oeuvre gevorm?

Kunsgeskiedenis is nie slegs tot biografiese studies beperk nie. Kunshistorici wortel hulle studies dikwels in die bestudering van individuele voorwerpe.

  1. "Art History Geargiveer 25 Junie 2020 op Wayback Machine".

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search